Metodistebiskop vra vir ?n noodtoestand

Deel op

Image

Paul Verryn

‘n Metodistebiskop, Paul Verryn, wat buitelandse swartes in die Johannesburgse middestad onderdak gee, het die huidige gevegte tussen buitelanders en plaaslikes ‘n "oorlog" genoem en gevra dat ‘n noodtoestand ingestel word.

Deel op

Bendes jeugdiges het gister die kerk aangeval. Tot nou is 13 mense dood in die etniese konflik tussen buitelanders en plaaslikes, met nog 60 wat beseer is. Die konflikgebied strek vanaf Diepsloot ten noorde naby Pretoria tot die Johannesburgse middestad en dwarsoor die Oos- en Wesrand.

Die polisie het Saterdag die Sentrale Metodistekerk gewaarsku dat aanvalle verwag kon word terwyl immigrante hulself met bakstene bewapen het.

светильники из гималайской соли для банилобановский александр досье

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.