Barbare? Nee prof. Brink, dis jou mense daai

Deel op

Dis nogal hartseer as openbare figure soos Andre P. Brink, alias mnr. Hyde,  die stelling maak dat dieselfde mense vir wie hy so ‘n vurige kampvegter was en dalk in sy hart nog is, nou skielik “barbare” is. Mens kan net wonder wat oor sy lewe geloop het. Dat moord gebeur, is deel van die nuwe Suid-Afrika en – so jammer as wat dit is – moet hy saamleef daarmee, net soos die res van ons. Want dis sy nalatenskap aan ons. Dit is ‘n nalatenskap wat deur sy pen geskep is in die jare her.

Deel op

Ek sal nie kan sê of sy familie dieselfde politieke oriëntering gehad  het as hyself nie, maar weereens kom sekere dinge sterk na vore. Die sogenaamde monsters na wie hy verwys, diskrimineer nie, nie as dit kom by diefstal van die presidentswoning se weerligafleiers nie, en ook nie as dit kom by diefstal en moord op familielede van apartheidsaktiviste nie. Ek is jammer meneer, dat verlies deel is van die lewe behoort jy reeds teen dié tyd te weet. Ek voel met jou vir die verlies van julle familie lid. En ongelukkig kan ek niks meer doen as meegevoel hê nie.

Wat ek wel sou wil weet, is hoekom skielik nou, nie ‘n paar jaar terug nie, maar nou, nadat die monsters in jou binnekring begin maai het, is hulle skielik monsters? Of is dit juis die ding? As hulle elders wei, is hulle jou mense, maar sodra hulle aan jou binnekring raak, word hulle monsters. Wel, jy kan ongelukkig nie die brood aan albei kante gebotter hê nie.

Soos die Zombies in die rekenaar speletjie “Return to Castle Wolfenstein” (wat ek sterk kan aanbeveel as ontlaaimeganisme wat briljant werk in ons moderne tyd) nie diskrimineer tussen vriend en vyand nie, is die monsters wat jy in jou pen-en-papier-laboratorium geskep het ook glad nie diskriminerend nie.

Hulle weet nie dat jy deel van die span wetenskaplikes was wat hulle geskep het nie, en hulle weet nie dat daar vriend en vyand is nie. Hulle tree op volgens hulle natuur, soos wat hulle gemaak is, sonder denke, sonder om vrae te vra. Dis die mooi van die saak. Geen vrae nie, geen uitsonderings nie, niks.

Hulle is gemaak met leë skedels wat nie denke toelaat nie, vir die grootste hoeveelheid van hulle en dit is nie my toedoen nie, maar joune. Ek is nie die een wat geskreeu het dat hulle meer regte en beter lewens moet hê nie, maar jy. Dus kan jy nie die mense wat jy gehelp skep het sommer net monsters noem nie, dis mos monsteragtig om so te maak. Hoe is jou hart dan nou?

Dat jy hartseer is en baie gewis nie lekker voel nie kan ek begryp. Maar om hulle monsters te noem, nee man, los dit uit. Net ons rassistiese Afrikanerblankes noem die mense wat sulke dinge doen monsters en jy is nie een van ons nie, so moet jou nie daardie reg aanmatig nie.

Die feit dat jy Afrikaans baie goed magtig is, is maar net ‘n klein tegniese toevalligheid. Dat ons jou naam kan verander na Dr. Jekyll is gewis. Die feite is dat jy in die verlede jou met onheil besig gehou het en die slang wat jy getroetel het, het nou te groot geword om te beheer. Dit het verander in ‘n monsterslang, ‘n reusagtige onstuitbare ding waaroor nie jy of jou geesgenote enige beheer het nie. So moenie nou kla nie. Elke aksie het ‘n reaksie; en die reaksie van jou aksies is op ons, en op jou. Die reaksie is dat jy nou die prys moet betaal. Ons almal moet betaal vir die ondier wat jy en jou soort help skep het.

Dat die ding moes gebeur, is totaal onnodig. Indien jy in die verlede, tesame met jou geesgenote dieselfde energie sou bestee het om die land op te bou en nie monsters te maak nie, was die saak dalk nie vandag op die nuus nie, maar dit het gebeur en niks wat jy nou doen en sê sal meer die verlede verander nie.  

Hoewel daar nog ‘n klein kans is indien jy en jou geesgenote die boot kan swaai ná die nodige hartsverandering, selfs ‘n hartoorplanting indien nodig. Dis tyd dat julle vir terapie en sjirurgie sal moet gaan. En dit beter deksels vinnig gebeur ook.

Maar as julle nou niks doen nie, is julle self direk verantwoordelik vir dit wat nog wag, en glo my, ons blanke Afrikaners sien nie tans ‘n mooi toekoms nie. Dis nou die tyd vir julle klomp wat die land in die verlede so afgekraak het om voor die rekenaars te gaan sit en planne te beraam.

Planne om die skeppings van julle te stuit voor dit ons almal verswelg, vernietig en verbrysel, sodat selfs die gedagte van die Afrikaner nie eers meer in die geheue van die eks-Suid-Afrikaners wat oorsee sit, sal oorbly nie.

Dis nou nie meer in ons hande nie, maar in julle s’n. In die pen wat julle so lustig geswaai het in die verlede. Dis tyd dat julle die pen moet opneem en begin om ‘n ander wysie aan die orkes te dirigeer, een van samewerking en lewe, nie een van moord en vernietiging nie. So, begin werk aan die nuwe storie vir ‘n toekoms.

купить трансформерОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.