Die ekonomiese leuen haal die ANC in

Deel op

ImageDie Derde Reich se propagandaminister, dr Josef Goebbels, het gesê dat, mits 'n leuen groot genoeg is, en genoeg herhaal word,  die bevolking dit uiteindelik vir die waarheid sou aansien. Minder bekend is die res van Goebbels se siening, naamlik dat die leuen slegs volgehou kan word vir solank die staat die bevolking kan beskerm teen militêre, ekonomiese en politieke gevolge van die leuen.

Deel op

In 2008 sit die ANC regime met 'n enorme probleem. Dit het uiteindelik tot die breë bevolking deurgedring dat die keiser geen klere aanhet nie. Alexandra en Diepsloot staan in ligte laaie omdat die swart bevolking, wel, gatvol is vir leuens. Dr Goebbels se leuen vereis 'n sterk staat, maar die falende staat wat die ANC se onbekwaamheid tot gevolg gehad het, het nie meer die vermoë om die leuen vol te hou nie.

Daar is sedert 1994 vir die ganse Suid-Afrikaanse bevolking op baie vlakke gelieg. Daar is vir blankes gelieg dat transformasie en regstellende aksie in ons eie belang sou wees. Die snert is aan ons verkoop dat die grondwet ons teen 'n Marxistiese regime se magsmisbruik sou kon beskerm. Die hoof van Ermelo se Afrikaanse skool kan van iets anders getuig. Daar is egter veral vir die swart bevolking gelieg. Aan die swart bevolking is visioene van 'n post-apartheidsparadys voorgehou, waar 'n swart regering die blankes op hulle plek sou sit, en swartes na Kanaän sou lei. Daar sou 'n hoender in elke pot wees, 'n pot wat op 'n elektriese stoof in 'n ordentlike baksteenhuis sou staan, 'n huis wat bewoon sou word deur 'n gesin met 'n werk en volop ekonomiese geleenthede.

Die realiteit was deprimerend anders. Ja, daar was diegene wat voordeel getrek het uit die nuwe bedeling. Hulle was onder andere die voordeeltrekkers uit swart ekonomiese bemagtiging (SEB). Die Patrice Motsepes van die lewe het obsene rykdom ontvang in ruil vir – wat? Motsepe was nie 'n besonder begaafde myner of finansiële ghoeroe nie. Hy het veel eerder die regte mense geken, en is beloon vir sy verbintenisse. Blanke maatskappye het oor mekaar geval om bemagtigingsvennote te bekom, vennote wat dikwels nie 'n jota waarde toegevoeg het nie. Dieselfdes is oor en oor "bemagtig", en die bemagtigdes se kinders word op rassistiese wyse steeds bo arm blanke kinders "bemagtig", selfs al gebruik eersgenoemde goue toilette.

Die ander voordeeltrekkers, al was dit op 'n meer beskeie skaal, was die miljoen of wat nuwe, swart staatsamptenare wat voordeel getrek het uit die etniese reiniging van blankes uit die staatsdiens. Kort ná 1994 kon 'n swarte homself bloot by die kantoor van enige staatsdepartement aanmeld, en hy was bykans 'n pos bykans gewaarborg. Sy kundigheidsvlakke het veel ligter geweeg as sy velkleur.  As hy kon lees én skryf, het 'n pos as direkteur gewink.

Ook in voormalig lelieblanke privaatmaatskappye is swartes bevorder tot op vlakke wat min verband gehou het met hulle vlakke van bekwaamheid. Hulle het uiteraard die maksimum voordeel uit die situasie probeer put. Die swart, vroulike hoof van Kansa, die kankervereniging van Suid-Afrika, het byvoorbeeld gholflesse van honderdduisende rande bygewoon. Hoe haar gholfvoorgee kankerpasiënte tot voordeel sou strek, is nie heeltemal duidelik nie, kennelik omdat ek nie getransformeerd is nie.

Die blankes wat uit diens gestel is, het dikwels pakkette ontvang en die pakkette gebruik om hulle eie sake-onderemings te begin. Baie van die voormalige staatsamptenare het hulle dienste begin terugverkoop aan die staatsdiens as konsultante, omdat die nuwe amptenary voorspelbaar nie die mas kon opkom nie.

Al die begunstigdes van SEB en al die reggesteldes in die staat, was egter in totaal minder as drie miljoen mense. Vir die ander vyf-en-dertig miljoen swartes, was die Nuwe Suid-Afrika nie veel beter as die oue nie. Ja, hulle kan vandag stem, maar stemreg verseker nie 'n hoender in die pot nie.

Die netto resultaat van bostaande beleidsrigtings (oorhoofs bekend as transformasie), was dat die ekonomiese leuen vir 'n wyle volgehou kon word. Dit vereis nie 'n Nobelprys in ekonomie om te bedink dat die skielike toevoeging van drie miljoen mense tot 'n relatief klein vorige poel  van voorheen sowat vier miljoen, 'n verbruikgedrewe opbloei tot gevolg sou hê nie. BMW-, Jaguar- en Mercedes-handelaars het luukse-, swart motors soos soetkoek verkoop. Restourante in Sandton kon kaviaar verkoop aan diegene wat voorheen hoenderpote geëet het. Vir 'n wyle was veral die drie miljoen bevoordeeldes in ekstase.

Milton Friedman se beroemde stelling: "There is no such thing as a free lunch", sou Suid-Afrika egter onafwendbaar begin inhaal. Al die ander lande wat in die twintigste eeu ekonomiese sukses behaal het, het dit op grond van harde werk, goeie opvoeding, dissipline en veral grootskeepse nywerhede en uitvoere bereik. Japan het uit die as van Hirosjima verrys as gevolg van sy gedissiplineerde arbeidsmag, goeie skoolopvoeding en uitvoere. So ook Suid-Korea, Singapoer en Duitsland. Die nuutste reus om op te staan is Sjina. In al daardie lande was daar nie 'n onmiddellike, uitgebreide skepping van 'n groot groep rykes nie, maar eerder 'n geleidelike verryking van die breë gemeenskap.

Nie een van bostaande is aanwesig in Suid-Afrika nie. Die arbeidsmag is grootliks ongeskoold, beslis ongedissiplineerd en die land se nywerhede boer agteruit. In plaas daarvan dat die ekonomie gegroei het op grond van verbeterde produktiwiteit en uitvoere, is die tydperk 1998 tot 2006 gekenmerk deur 'n verbruikersgedrewe groei. Die ekonomie het nie gegroei omdat Suid-Afrika beter en goedkoper motors kon bou as Duitsland nie, maar omdat Suid-Afrikaners Duitse motors en Koreaanse yskaste gekoop het.

Buitelanders was vir 'n paar jaar bereid om Suid-Afrikaners se rojale koopgewoontes te befonds, en groot hoeveelhede buitelandse kapitaal was nodig om die inkopie-orgie te finansier. Die breë gemeenskap het egter nie ryk geword nie. Dit was eerder indiwidue soos Smuts Ngonyama, wat honderdmiljoene rande ontvang het as 'n "fasiliteerder" vir die Telkom-transaksie (sy insette: onbekend) wat obsene vlakke van rykdom "verdien" het.

In hierdie tyd het Suid-Afrika egter minder produktief en mededingend geraak, ten spyte van die kunsmatige ekonomiese groei. Suid-Afrikaanse arbeid is militant, onproduktief en onmededingend. Die rand sal tot vyftien teen die dollar moet verswak voordat Suid-Afrikaanse arbeid met Sjinese arbeid kan meeding.  Cosatu en die verdrukkende arbeidswetgewing moet regstreeks die blaam hiervoor dra. G'n rasionele, oorsese nyweraar sal 'n fabriek in Suid-Afrika oprig as hy beter opgeleide Chinese arbeid vir 'n breukdeel van die koste van Suid-Afrika s'n kan bekom nie. Sjinese arbeiders staak nie so graag soos die vullisverwyderaars van Pretoria nie.

Die leuen dat apartheidsonderwys die swart bevolking teruggehou het, is ook ontbloot. In plaas daarvan om beter te begin doen, het swartmense al hoe slegter begin vaar op skool. Die getransformeerde onderwysdepartement was nie dieselfde as die vorige bedeling s'n nie. Dit was in der waarheid veel slegter, onbekwaam en ondoeltreffend.  Terwyl miljoene ingenieurs jaarliks in Sjina en Indië kwalifiseer, sukkel swart matrikulante toenemend om wiskunde deur te kom. Die blote afskaffing van apartheid het toe misterieus nie 'n wiskundige wonderwerk veroorsaak nie – swart matrikulante het nie wonderbaarlik beter begin presteer omdat daar nie meer apartheid was nie.

Vir die armes in Alexandra is daar nie veel ligpunte nie. Ironies juis omdat 'n klein groepie swartes aangestel is in poste ver bokant hulle vuurmaakplek in die Johannesburgse stadsraad en Gautengse provinsiale regering, is goeie dienslewering, behuising en veral goeie onderwys, nie vir hulle beskore nie. Dr Goebbels se waarneming het die ANC ingehaal: dit kos 'n sterk staat om die leuen vol te hou, en die getransformeerde ANC-staat is uit en uit 'n falende staat. Iemand het vir hom gelieg, besef selfs die armste inwoner van Alexandra.

Tans word die swart bevolking se woede egter gefokus op gerieflike sondebokke: onwettiges wat glo behuising "steel". Die ware sondebok, die rampspoedige beleidsrigtings van die ANC, is skynbaar nog nie op 'n breë front in die kollig nie. Vroeër of later gaan ook die swart bevolking egter die regte gevolgtrekkings maak. Die resultate daarvan kan 'n baie interessante uitwerking op die Suid-Afrikaanse politieke landskap hê.

купить платья для новорожденныхАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.