Minister: Pretoria word ‘n stat van Tshwane

Paul Mashatile
Paul Mashatile

Die minister van Kuns en Kultuur, Paul Mashatile, het weer herhaal wat die regering se standpunt oor die Tshwane-Pretoria debat is. Mashatile sê Pretoria kan nie beskou word as ‘n stad nie.

Burgerlike organisasies, het die naamsverandering in die hof betwis. Hulle argumenteer dat die publiek nie geraadpleeg is oor die besluit nie.

In Oktober sal daar weer openbare verhore oor die kwessie gehou word.

“Daar is ‘n stad met die naam Tshwane en dit sluit in Mabopane, Soshanguve, Mamelodi in en dit sluit ook Pretoria in. En Pretoria is tans ‘n voorstad. Ek dink nie ‘n voorstad kan ‘n hoofstad genoem word nie,” sê die minister.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.