Regering wil ingryp om skade van staking te beperk

Deel op
Susan Shabangu
Susan Shabangu

Die Minister van Minerale Hulpbronne, Susan Shabangu, het aan die media in Pretoria gesê indien die staking nie gou opgelos word nie, gaan dit die ekonomie ‘n knou kry.

Die regering is gereed om in te gryp in die goudmynsektor om skade wat die loongeskil aan die ekonomie veroorsaak, te keer.

Duisende vakbondlede van NUM het aangedui dat hulle by goudmyne in Gauteng en Noordwes sal begin staak.

Salarisonderhandelings het reeds twee maande gelede op ‘n dooiepunt bereik en vakbonde het ‘n finale aanbod deur die Kamer van Mynwese verwerp.

Na beraming kan die staking lei tot ‘n produksieverlies van meer as R350 miljoen per dag. Shabangu sê indien die regering moet ingryp, sal alle rolspelers betrek word.

Intussen staak werkers ook in die voertuigvervaardigingsbedryf en konstruksiesektor wat ‘n verdere nadelige uitwerking op die ekonomie het.

Ongeveer ‘n honderd werkers van Anglo American Platinum op Rustenburg in Noordwes wat afleggingskennisgewings ontvang het, het by die myn se Khomanani nommer twee skag byeengekom vir terugvoer van hul verteenwoordigers.

Amplats het vroeër aangedui dat meer as drieduisend werkers afgedank sal word. Die maatskappy sluit sy Khuseleka en Khomanani skagte in ‘n poging om mededingend te bly.

Myners vrees vir hulle toekoms en hoop dat Amplats sy besluit sal heroorweeg. Die strydende vakbonde, AMCU en die NUM, dreig met optrede.

Die myn se veiligheidsbeamptes monitor tans die situasie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.