SAOU ondersoek internasionaal erkende Afrikaanse eindeksamen

Deel op

saou_logosDr. Jopie Breed, president van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het gister op die 17de hoofdesimposium gesê die vakbond kyk na stappe om Afrikaanse onderrig en die taal te beskerm.

Die SAOU sal die moontlikheid van ’n internasionaal erkende Afrikaanse matriekeindeksamen ondersoek, het Beeld berig.

Breed het gesê verteenwoordigers van die vakbond sal ‘n inligtingstoer na Afrikaanse stamlande onderneem om die moontlikheid van ’n internasionaal erkende matriekeksamen te ondersoek.

Die gedagte is om pro-aktief te wees en saam met die Suid-Afrikaanse instituut vir omvattende assessering (Sacai) op te tree om ’n eksamen te kan aanbied vir Afrikaanse leerlinge wat nie in die toekoms toegang daartoe sal hê nie.

“Met dié stap wil ons glad nie sê ons wil in opposisie of ’n teenpool vir die departement wees nie. Dit is bloot om ’n Afrikaanse eksamen beskikbaar te stel waar dit in sekere provinsies in die toekoms dalk minder moontlik sal wees,” het Breed gesê.

Sacai is besig om as onafhanklike eksamenliggaam akkreditasie te kry by Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding. – Alet Rademeyer

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.