Polisie skik vir R1.29 miljoen met beseerde plakker

Deel op
'n Duur oefening
‘n Duur oefening

‘n Inwoner van Ivory Park wat aan motors werk, het R1.29 miljoen ontvang in ‘n tussentydse skikking nadat hy sy linkerarm verloor het toe die polisie hom geskiet het, het The Star Dinsdag berig.

Ntantise Daniel Taliwe, 37, het die skikking met die polisie bereik, nadat hy aanvanklik meer as R10 miljoen in skadevergoeding geëis het.

Die saak is nooit gehoor nie aangesien die minister van polisie in sy amptelike hoedanigheid, totale aanspreeklikheid erken het.

Taliwe was besig om aan ‘n motor te werk saam met drie vriende op 19 Augustus 2004, toe hulle hoor dat skote klap, volgens die verslag.

Sy vriende het weggehardloop, maar Taliwe is getref met ‘n koeël van agter. Die koeël het in die linkerkant van sy bors ingegaan, en ‘n slagaar beskadig.

Hy het ‘n operasie gehad om die sirkulasie te herstel na sy arm, en ‘n tweede operasie weens gangreen, wat daartoe gelei het dat sy arm geamputeer moes word bokant die elmboog.

Die skikking is ten opsigte van vorige en die toekomstige verlies aan inkomste en skadevergoeding bereik.

Die koerant het gesê die polisie het geen verduideliking vir die skietery gegee nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.