Bloemspruit-skietery: Verdagte aangehou

Deel op

hof‘n Lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat na bewering ‘n ander soldaat by die Bloemspruit-lugmagbasis doodgeskiet en nog een gewond het, sal vandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn.

Die voorval het Sondagoggend by die lugmagbasis buite Bloemfontein plaasgevind.

Die weermag swyg oor die omstandighede en wil ook nie kommentaar lewer op gerugte dat die motief vir die skietery verband hou met ‘n rusie oor ‘n vrou nie.

Die verdagte is steeds in aanhouding. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.