Britse regering magtig gifgas-chemikalieë na Sirië

Deel op
Vince Cable
Vince Cable

Die Britse regering is beskuldig van “buitengewone laksheid” met wapenbeheer nadat dit rugbaar geraak het dat amptenare die uitvoer van twee chemikalieëwat gebruik kan word om saringifgas te maak na Sirië gemagtig het.

Sekretaris Vince Cabel, sal vandag gevra word om te verduidelik hoekom ‘n Britse maatskappy dubbele uitvoerlisensies vir die gebruik stowwe toegestaan ​​het, terwyl Sirië se burgeroorlog gewoed het en kommer oor chemiese wapens aan die toeneem was.

Die bekendmaking van die lisensies vir kaliumfluoried en natriumfluoried, wat albei as bronchemikalieë in die vervaardiging van gifgas gebruik word, kom nadat die Amerikaanse minister van buitelandse John Kerry gesê het die Verenigde State van Amerika het bewyse dat saringas gebruik is in verlede maand se aanval in Damaskus .

Kerry het aangekondig dat spore van die gas in hare en bloedmonsters gevind is van die slagoffers van die aanval in die Siriese hoofstad.

Die Obama-administrasie oorweeg nou militêre ingryping en het ‘n volskaalse politieke aanval Sondag geloods om ‘n skeptiese Kongres te oorreed om ‘n militêre aanval teen Sirië goed te keur.

Die Britse owerhede sê alhoewel die lisensies toegestaan ​​is aan ‘n naamlose Britse chemiese maatskappy in Januarie 2012, is die stowwe in reaksie op strenger EU-sanksies teruggehou.

Cable erken dat sy amptenare die uitvoer van ‘n ongespesifiseerde hoeveelheid van die chemikalieë gemagtig het in die wete dat hulle op ‘n internasionale skedule van chemiese wapens gelys is.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.