Petroljoggies staak nie

Deel op

pompDie verwagte staking deur petroljoggies is opgeskort, het ’n amptenaar van die National Union of Metalworkers (Numsa) Maandag gesê.

‘n Amptelike stakingskennisgewing aan werkgewers is nog nie uitgereik nie, sê Castro Ngobese, ’n woordvoerder.

Werkgewers het hul “bereidheid om verder te onderhandel” verklaar nadat hulle met die staking gedreig is.

Numsa sal Woensdag en Donderdag met die Vereniging van Brandstofkleinhandelaars (FRA) en die Kleinhandelmotorbedryf (RMI) ontmoet.

“Ons ondersteun die proses van konstruktiewe onderhandeling,” het Ngobese gesê.

Daar is 72 000 petroljoggies en ander werkers in die motorbedryf. Numsa het verlede week gesê dat onderhandelings in Julie skipbreuk gely het.

Die eerste fase van die loononderhandelinge het reeds in Mei begin. 

Numsa, wat sowat 100 000 werkers in die kleinhandel-motorbedryf verteenwoordig, eis ‘n minimumsalaris van R6 000 per maand.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.