Taakspan sal omstrede NOP-aspekte ondersoek

Flip Buys en Gwede Mantashe
Flip Buys en Gwede Mantashe

African National Congress ( ANC) se sekretaris-generaal Gwede Mantashe sê die omstrede ekonomiese aspekte van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) sal nie afgeskryf word nie.

Die Alliansie se ekonomiese beraad kon die naweek nie ooreenstemming bereik oor die ekonomiese hoofstuk van die plan wat reeds deur die regering en die ANC aanvaar is nie.

Hulle het ingestem om ‘n taakspan saam te stel om hul verskille aan te spreek. Cosatu en die SAKP het hul afkeuring van die ekonomiese hoofstuk van die plan herbevestig.

Cosatu-affiliasies het die plan verwerp, en gesê dit is teenstrydig met die Vryheidsmanifes .

Mantashe het gesê: “Ons het nie die besorgdheid wat geopper is oorbeklemtoon nie, dit is ‘n lewende dokument. Die NDP is nie ‘n beleid nie, dit is ‘n plan. Jy kan nie die HOP of die Vryheidsmanifes daarteenoor stel nie, die klem is op die implementering van die bestaande plan, wat die rede is waarom ons ooreengekom het op die tweede fase van die oorgang.”

Die regerende alliansie het ‘n beroep vir eenheid onder sy vennote gedoen, en het gewaarsku teen wat hulle noem “chroniese teenkanting”.

Die verdeeldheid in Cosatu oor die lot van sy geskorsde Sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi heers egter steeds en word gesien as ‘n manier om kritiek teen die ANC stil te maak.

Die Alliansie se ekonomiese beraad wat gister geëindig het, het gesê slegs ‘n verenigde front kan effektiewe leierskap verskaf, maar het elke vennoot se onafhanklikheid bevestig.

Die SAKP se adjunk-sekretaris-generaal Jeremy Cronin het gesê die Alliansie moet met vrymoedigheid en konstruktief en op kameraadskaplike wyse met ‘n sin van verantwoordelikheid nie net vir ons eie organisasie, maar vir die eenheid van die alliansie omgaan.”

Hy het gesê die ANC loop die gevaar om nie die stem van die massas te wees indien hulle nougeset konformisties raak en kritiek onderdruk nie. Cronin het gewaarsku dat dit nie met “chroniese teenkanting” verwar moet word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.