
Die woordvoerder van die voormalige Amerikaanse president George HW Bush het om verskoning gevra nadat ‘n verkeerde verklaring oor die voormalige Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela se afsterwe uitgereik is.
Jim McGrath sê hy het ‘n voorbereide verklaring van Bush se medelye oor die dood uitgereik nadat hy die Washington Post se nuus oor Mandela se ontslag uit die hospitaal verkeerd verstaan het.
Mandela is na sy huis in Johannesburg Sondag ná drie maande in die hospitaal. Die Presidensiële woordvoerder Mac Maharaj sê Mandela se toestand is steeds kritiek.
Die ANC en die DA het die nuus van die voormalige president se ontslag uit die hospitaal verwelkom. ANC-woordvoerder Jackson Mthembu sê tuisbehandeling ontvang sal aan Mandela die volgehoue ondersteuning van sy familie beteken.
DA-woordvoerder Mmusi Maimane het Mandela se mediese span bedank vir alles wat hulle tot dusver gedoen het en voortgaan om te doen.