Help ons om meer uit te vind oor Piet Croucamp!

Deel op
Piet Croucamp
Piet Croucamp

Geagte leser,

Die rol van dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg in die beswaddering van Afrikanerdenkers en -aktiviste lyk vir ons al hoe meer duister. Waarmee is die man werklik besig? Wat is sy agenda of doelwit?

Daarom doen ons hier ‘n ernstige beroep op een en almal wat hom al ontmoet, met hom gepraat, of selfs net iewers gesien of gehoor het om daardie inligting met ons te deel.

Alle inligting sal met die uiterste vertroulikheid gehanteer word en ons waarborg u anonimiteit. Ek onderneem om persoonlik eerder tronk toe te gaan as om enige bron teen sy of haar sin bekend te maak.

Ons wil ‘n beter prentjie van Croucamp se doen en late verkry. Daarom stel ons belang in elke moontlike brokkie inligting waaroor u beskik. Selfs al het u hom net een aand tien voor ses in die supermark gesien melk en brood koop, dan stel ons nogtans daarin belang. Letterlik ALLES. Die plek, die tyd, hoe hy gelyk het, wat hy gedra het, enigiets wat u kan onthou. Was daar iemand saam met hom? Elke stukkie van die legkaart tel. Uit daardie honderde of selfs duisende stukkies sal die prentjie van die ware Piet Croucamp wel na vore kom.

Uiteraard is daar mense wat al baie naby hom moes gewees het. Croucamp het blykbaar vele verhoudings met vroue gehad aan wie hy ook allerlei oor sy doen en late moes verklap het, sy bronne van inkomste, idees, gevoelens oor Afrikaners, die ANC, DA en ander politieke partye, ens. Ook sy verbruikspatrone, reise na plekke toe, sy motorfiets, sy viertrekvoertuig, gewoontes en dergelike meer is vir ons van belang.

Indien u voorheen tot Croucamp se intieme sfeer behoort het, stel ons uiteraard belang in wat u ons kan vertel. Weereens sal ons alles met die uiterste vertroulikheid hanteer en niks aangaande u identiteit verklap of selfs dat ons met u gepraat het nie.

jigsaw-brainU kan vir my persoonlik die inligting stuur by dan[by]praag.org. Slegs ek het toegang tot my epos en indien u oor internetveiligheid bekommerd is, kan u my aanvanklik kontak en daarna sal ek op een of ander manier sorg dat enige sensitiewe inligting per geënkripteerde epos versend word of ek sal persoonlik met u gesels om sodoende enige skending van vertroulikheid via die elektroniese media uit te skakel.

Elke stukkie van die legkaart tel!

Groete,

Dr. Dan Roodt

Direkteur, PRAAG

dan[by]praag.org

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.