Ontploffing by VS-ambassade in Athene

Deel op

12 Jan. 2007 – ‘n Ontploffing wat vanoggend by die VS-ambassade in Athene plaasgevind het, het geen beserings nie en min skade veroorsaak.

Deel op

Volgens Agence France Press is die ontploffing deur ‘n vuurpyl veroorsaak.

"Daar was ‘n ontploffing en geen beserings nie," het Elizabeth Corwin, die persattaché aan die Ambassade, per telefoon gesê. ‘n Ondersoek na die oorsaak van die ontploffing is gelas.

‘n Onbekende aanvaller het die vuurpyl afgevuur, berig AFP, volgens die polisie en Amerikaanse amptenare waarvan die name nie genoem is nie.

Die ontploffing het omstreeks 6-uur v.m. plaasgevind. Die polisie het die gebied rondom die ambassade afgesper wat in die middestad van Athene in Vasillissis Sophias-laan geleë is.

расширительный бакАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.