Piet Croucamp is ‘n rokjagter en ‘vrouehater’

Deel op
Piet Croucamp in die geselskap van Marzahn Botha (heel links) en  Marlise Scheepers. Foto: BooksLive/Flickr
Piet Croucamp in die geselskap van Marzahn Botha (heel links) en Marlise Scheepers. Foto: BooksLive/Flickr

“Piet Croucamp is ‘n absoluut laakbare persoon. Hy het die beginsels van ‘n mannetjieskat. Hy is slordig. Hy ruik nie altyd baie vars nie en is onnet op sy persoon. Hy is ook ‘n rokjagter wat sy vrou met baie ander vroue verneuk het, daarom is hulle uitmekaar.”

Só sê ‘n joernaliste met wie praag gesels het oor dr. Piet Croucamp, die akademikus van die Johannesburgse Universiteit, wat nou deur linkse, anti-Afrikaanse feministe soos Gillian Schutte as ‘n ridder op ‘n wit perd geloof word vir sy aanval op ‘n vrouefilosoof van Pretoria, Louise Mabille.

Dieselfde joernaliste beweer dat Croucamp ‘n “macho-benadering tot alles het. Geweld is by hom net onder die oppervlakte.”

Croucamp hou daarvan om mense, veral vroue, te beledig. “Met sy tong is hy brutaal. Hy kan ‘n mens beledig dat dit jou stomslaan. ‘n Egte vrouehater.”

Op die vraag: “By hoeveel vroue het dr. Piet Croucamp al geslaap?” antwoord die joernaliste, wat graag anoniem wil bly: “Oeg nee, daar is baie! Hy is regtig los van sedes. Hy het al by magdomme vroue geslaap.”

Dr, Dan Roodt van praag bevestig dat hy ook by was in ‘n kafee toe Croucamp ten aanhore van die geselskap gesê het dat hy “baie vroue begeer”, met die implikasie dat hy ‘n Don Juan is. Een van sy punte van kritiek jeens Mabille se artikel was dat sy ‘n beswaar teen veelwywery inbring.

Die joernaliste is veral verbaas dat Croucamp deur ander akademici en selfs feministe ernstig opgeneem word. “Dis verregaande dat mense hulle steur aan wat hy sê. Hoe durf hy hom oor volkekundige kwessies uitspreek? Hy weet niks daarvan af nie. Louise doen wat die res van die bevolking doen en skrik vir hom.”

‘Louise is net nog ‘n vrou op sy kerfstok’

Dr. Louise Mabille, 'n slagoffer van Croucamp se vrouehaat
Dr. Louise Mabille, ‘n slagoffer van Croucamp se vrouehaat

“Dit lyk asof hy nou vir Louise van die Tukkie-kampus verjaag het,” gaan sy voort. “Sy is net nog ‘n vrou op sy kerfstok. Dat hierdie mense hulle onderwerp aan wat hy dink, is absoluut sieklik, veral in akademiese kringe. Hoekom steur hulle hul aan hom?”

Sy vind dit ironies dat Croucamp, wat in die berugte 32-bataljon tydens die Angolese oorlog gedien het, so ‘n groot kritikus van die NP-regering is. “As jy kan dink aan die ou regering, hoe outoritêr hulle was. Hy is net soos hulle! Sy woord is wet, jy kan hom nie teëgaan nie. Hy het ‘n diktatorgeaardheid. Nogmaals, ek vind dit verregaande dat mense hulle steur aan wat hy sê.”

Die joernaliste is egter daarvan oortuig dat Croucamp “dinge strategies benader”. Sy sê: “Hy omring hom met mense wat sy idees verder kan voer, soos byvoorbeeld Cobus Bester van RSG. Hulle is groot maats. Ek dink nie dis objektief dat Cobus vir hom ‘n platform gee om ander mense se lewens te ontwrig nie. Pleks daarvan dat hy in ‘n akademiese debat met Louise getree het. Maar hy het geen argument nie, hy trek net te velde, hy beswadder.”

Eugene de Kock

Eugene de Kock
Eugene de Kock

Sy beweer verder dat Croucamp as “hekwagter” optree wanneer joernaliste onderhoude met Eugene de Kock in die gevangenis wil voer. “As jy dink aan die sedes van ‘n ou wat Eugene de Kock beskerm. Wat sê dit van so ‘n ou? Ek kan regtig nie glo dat mense wat iets van iets af weet hulle aan hom steur nie. Dis vir my absoluut verbasend!”

Weereens het sy baie heftig geraak by die gedagte dat iemand wat self so ‘n gebrek aan enige inbors en konsekwente sedes toon, ‘n klag van haatspraak teen ‘n ander mens, veral ‘n vrou, kan lê. “Dis nog ‘n vrou op sy kerfstok. Hoekom vat hy nie mans aan nie? Hy beskerm vir Eugene de Kock, iemand wat groteske geweld en wreedhede gepleeg het. Hy volg nie ‘n akademiese benadering nie, maar voer ‘n heksejag uit.”

Die joernaliste wat volgens haar “‘n tyd lank in dieselfde sosiale kringe as Croucamp beweeg het”, beskryf sy optrede teenoor dr. Louise Mabille voorts as ‘n “absolute skande… Croucamp is soos die leier van ‘n bende wat sulke veldtogte begin met sulke goed en dis vir my so absoluut treurig van hom. Hy was self in 32-bataljon en nou weet ‘n mens nie hoe sy lewe en dié van Eugene de Kock dalk ooreenstem nie. Daardie liberale feminis, Gillian Schutte, wat nou sy aan sy met Croucamp uitvaar en met ‘n swartman getroud is, het sy al vir Croucamp gevra hoeveel swartmans hy oorkant die grens doodgemaak het?”

In ten minste een geval wat in Trou tot die dood toe, die boek deur die vorige polisiekommissaris, Johan van der Merwe, ter sprake kom, het Eugene de Kock drie burgerlike vroue wat bloot in die geselskap van terroriste was, doodgemaak. Dit staan op bladsy 295:

“Tydens maj. De Kock en sy eenheid se optrede in Lesotho is mev. Jacqueline Quinn en Nomkhosi Mary Mnisi, wat in die geselskap van die betrokke MK-lede was, ook doodgeskiet. (Die derde burgerlike wat doodgeskiet is, was die vrou van een van die MK-lede. Haar geval het nie tydens die amnestieverhoor ter
sprake gekom nie.)”

Croucamp bewonder die Vlakplaasbevelvoerder en vrouemoordenaar, Eugene de Kock, terwyl hy ‘n vrouefilosoof van Tukkies se besware teen geweld wat swartmans teenoor kinders en selfs babas pleeg, aanstootlik en “rassisties” vind.

Ter afsluiting sê die joernaliste tydens haar onderhoud met praag: “Dis een ou waarteen ek my dogter sal waarsku. Hy is shabby. Ek dink regtig Cobus Bester gee vir hierdie ou ‘n platform. Dis absoluut onprofessioneel van hom. Dis ‘n blote vertoning wat hy opsit op RSG. Hy dink hy is ‘n beroemde en dis ouens soos Cobus Bester wat hom die platform gee. Dis vreemd dat die SAUK hom só gebruik.” – praag-verslaggewer

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.