Rebelle erken dat hulle vir Siriese gifgas-aanval verantwoordelik is

Deel op
Dale Gavlak
Dale Gavlak

Siriese rebelle in die Damaskus-voorstad van Ghouta het aan Associated Press se joernalis Dale Gavlak erken dat hulle verantwoordelik was vir die afgelope week se gifgasaanvalle wat Westerse magte op Bashar al-Assad se magte geblameer het.

Die onthulling kom nadat ‘n ongeluk deur rebelle weens die verkeerde hantering van chemiese wapens aan hulle verskaf deur Saoedi-Arabië, tot die sterftes van meer as 300 burgerlikes – waaronder ook kinders – gelei het.

“Talle onderhoude met dokters, Ghouta-inwoners, rebelle en hul gesinne wys dat… baie glo dat sekere rebelle chemiese wapens via die Saoedi-intelligensiehoof, prins Bandar bin Sultan bekom het, en dit verantwoordelik was vir die (dodelike) gasaanval,” skryf Gavlak .

Rebelle het aan Gavlak gesê dat hulle nie behoorlik opgelei is oor hoe om die chemiese wapens te hanteer nie en selfs verduidelik het wat dit presies was. Dit wil voorkom asof die wapens aanvanklik veronderstel was om na die Al-Kaidagroep Jabhat al-Nusra te gaan.

“Ons was baie nuuskierig oor hierdie wapens. En ongelukkig, ‘n paar van die rebelle het die wapens sonder sorg hanteer en die ontploffings veroorsaak,” het ‘n rebel by name “J” aan Gavlak gesê.

Sy weergawe is bevestig deur ‘n ander vroulike rebel by name “K”, wat aan Gavlak gesê het, “Hulle het nie vir ons gesê wat hierdie wapens is of hoe om dit te gebruik nie. Ons het nie geweet dit is chemiese wapens nie. Ons het nooit gedink dit is chemiese wapens nie.”

Ander bronne het ook aan Gavlak erken dat hulle twee weke gelede gevra is wat die wapens is en dit beskryf as ‘n ” buisagtige struktuur “, terwyl ander soos ‘n “groot gas bottel” gelyk het. Die bron het die Saoedi’s as die chemiese wapenverskaffers uitgewys.

“Meer as ‘n dosyn rebelle waarme ek onderhoude gevoer het, het aangedui dat hul salarisse kom van die Saoedi-regering,” skryf Gavlak .

Dale Gavlak se geloofwaardigheid is indrukwekkend. Sy is ‘n korrespondent vir die Associated Press wat reeds vir twee dekades in die Midde-Ooste werk en het ook gewerk vir National Public Radio (NPR).

Die webwerf waarop die storie het oorspronklik verskyn het, Mint Press, (wat tans af is as ‘n gevolg van die groot verkeer na die artikel) is ‘n wettige media-organisasie in Minnesota.

Die Obama-administrasie is ingestel daarop om intelligensiebevindinge aan te bied in ‘n sekere lig in ‘n poging om te bewys dat Assad se magte agter verlede week se aanval sit, ten spyte van Amerikaanse veiligheidsamptenare se erkenning dat daar nie vaste bewyse is nie.

Intelligensie het reeds aan die lig gebring dat die Siriese ministerie van verdediging se “paniekbevange” oproepe oor chemiese wapens daarop dui dat dit nie deur Assad se magte beveel is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.