Britse bom uit Vryheidsoorlog eis plaaswerker

Deel op

ww1Die bom wat die lewe gekos van een endrie plaaswerkers beseer het, is glo ‘n oorblyfsel uit die Tweede Vryheidsoorlog.

Woensdag, is David Sithole (24) dood toe die bom wat hy probeer oopsny het met ‘n asetileenvlam, ontplof het.

Jabu Mahlangu, Moses Mahlangu en David Masilela het ernstige brandwonde in die ontploffing opgedoen.

Die bom is gevind op ‘n nabygeleë vullishoop.

Tshwane-nooddienste se bronne het Donderdag bevestig dat hulle na die toneel ontbied is om die gebied te dekontamineer nadat ‘n onbekende geel poeier versprei is oor die ontploffingstoneel.

‘n  Polisiebron het aan The Times gesê die poeier is glo pikriensuur, ‘n chemiese stof wat die Britse weermag tydens die laat 1800’s en vroeë 1900’s gebruik het.

Ons weet dat die bom van voor die Eerste Wêreldoorlog is, want kort voor die oorlog het die Britte begin met TNT in hul ammunisie.

Pikriensuur is gebruik in Lydditebomme tot kort voor die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het.

Hy het gesê die toneel is gedekontamineer. ‘n Woordvoerder van die polisie konstabel Zanele Vilakazi het gesê forensiese en plofstofkenners wag vir die resultate van die ontleding van die geel poeier.

“Die beseerde mans is in ‘n ernstige toestand in die hospitaal,” het sy gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.