SA-skerpskutters maai onder rebelle

Deel op

sanduSuid-Afrikaanse skerpskutters wat deur die Verenigde Nasies in die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, het ses M23-rebelle doodgeskiet.

“Skerpskutters het teikens op minstens ses geleenthede raakgeskiet,” het adv. Pikkie Greeff van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), gesê.

“In een geval was die teiken 2,2 km weg.” 

Brig. genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het bevestig dat Suid-Afrikaanse magte op rebelle losgebrand het, maar kon nie uitbrei oor die berigte van die skerpskutters nie.  

‘n Tanzaniese soldaat van die Verenigde Nasies (VN)  is dood en twee Suid-Afrikaanse soldate is Woensdag gewond in gevegte met M23-rebelle. 

Volgens Reuters is verskeie burgerlikes ook in die gevegte dood. 

Pres. Jacob Zuma het Donderdag bevestig dat drie Suid-Afrikaanse soldate sedert die naweek gewond is in gevegte in die land.

Suid-Afrikaanse soldate is deel van die VN se ingrypingsmag in die land. – Sapa/AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.