Vlakvark val toeris aan

Deel op
'n Kanadese toeris, Brunhilde Galka, 69, is deur 'n vlakvark aangeval op 'n wildsplaas in die Oos-Kaap. Galka is steeds besig om aan te sterk na die grusame aanval in die St. Dominic-hospitaal in Oos-Londen.
 
Deel op
'n Kelner by Huntershill, waar sy tuis was, het die dier kort tevore geskop nadat hy 'n asblik by die kroeg omgestamp het. Nie lank daarna nie, het die vlakvark Brunhilde aangeval en haar bene en bors wreed verskeur.
 
Haar man sê sy het hulpeloos in 'n groot plas van haar eie bloed bly lê na die aanval. 

Die bestuurder sê die vlakvark is intussen vankant gemaak.подоконник дублобановский александр компромат

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.