SA vra dat VN tyd gegun word met Sirië

Deel op

Syria3Die Suid-Afrikaanse regering sê die Verenigde Nasies se wapeninspekteurs moet meer tyd gegun word om hulle ondersoek na bewerings dat chemiese wapens in Sirië gebruik is, te voltooi.

Die regering sê hy is bekommerd oor wat hy noem die gevaarlike retoriek deur Westerse regerings soos Amerika en Brittanje oor die moontlikheid van militêre ingryping in Sirië.

Volgens die regering sal meer geweld nie bydra tot ‘n volhoubare oplossing vir die oorlog-geteisterde land nie. Die regering het ‘n beroep op die VN Veiligheidsraad gedoen om saam te werk om ‘n onderhandelde skikking vir die krisis te bereik.

Intussen het Desmond Tutu in ‘n verklaring gesê Egipte en Sirië het eerder humanitêre hulp as militêre hulp nodig. “Diegene wat selfsugtig ekonomiese, ideologiese en godsdiensmag uitoefen kan nie volhou om die wense van die meerderheid van gewone en goedbedoelende lede van die gemeenskap te saboteer nie.”

Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki Moon, sê intussen die inspekteurs behoort teen môre hulle werk af te handel. Hy sê hulle sal Saterdag uit die land vertrek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.