Anti-vreemdelinggeweld kring uit na Diepsloot

Deel op

Anti-vreemdelinggeweld het gisteraand uitgekring na Diepsloot, tussen Pretoria en Johannesburg. Twee mense is glo gedood in geweld wat tussen inwoners uitgebreek het.

Deel op

Intussen is die polisie in Diepsloot ontplooi om die vrede tussen die plaaslike bevolking en vreemdelinge van elders in Afrika te handhaaf. 'n Pad verby Diepsloot is met klippe en rommel versper, maar die versperrings is intussen verwyder.

Oor die afgelope paar dae reeds woed gevegte tussen Suid-Afrikaans-gebore swartes en immigrante uit die res van Afrika in Alexandra, langs Sandton.

Plaaslike inwoners glo dat vreemdelinge hulle van werkgeleenthede ontneem en ook vir die buitensporige graad van misdaad verantwoordelik is.

ТепловойДанильченко Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.