Duisende vlug na SAR-hoofstad se lughawe-aanloopbane

Deel op

africawarsDie Sentraal-Afrika president moes Woensdag krygshere van sy voormalige rebellie dreig om hul gebiede in die hoofstad Bangui te ontruim om weerspannige gewapende groepe te onderdruk .

In een van die grootste pogings nog om orde te herstel na Maart se staatsgreep kom ‘n dag nadat die Franse president François Hollande gesê het dringende optrede is nodig dat die Sentraal-Afrika Republiek nie in ‘n mislukte staat verval nie.

Die land se nuwe opperhoof, hoof van die voormalige rebellegroep Seleka, Michel Djotodia, het sy oproerige vegters – wat van verkragting, teregstellings en plundering beskuldig is – van hul verantwoordelikhede gestroop. Hy het die polisie en gendermerie ingestuur om orde te probeer herstel.

Gerugsteun deur troepe van die Afrika-Unie se Internasionale sending ( MISCA ).

Boy-Rabe is een van die knelpunte en word beskou as ‘n vesting van ondersteuners van Francois Bozize, die voormalige president wat deur die Seleka staatsgreep verdryf is na 10 jaar in die mag.

In die aangrensende distrik van die krotbuurt Boeing, het duisende mense gevlug van die gevegte en plundering en toevlug gevind op Bangui-lughawe se aanloopbane, het  ‘n lughawe-amptenaar het gesê op voorwaarde van anonimiteit .

Ten minste twee vlugte is vertraag deur die aanloopbaan-inval, het die bron gesê , een ‘n Air Maroc-vliegtuig en ‘n ander van Air France .

Djotodia se staatsgreep is met gedempte internasionale kritiek begroet en die voormalige rebellebaas is uiteindelik ingesweer as president vroeër vandeesmaand met die taak om die land tot ‘n verkiesing te lei binne 18 maande.

Hollande ‘n beroep op die Verenigde Nasies en die Afrika-Unie gedoen om die “Somalisering” van die verarmde landte keer.

SAR met 4,6 miljoen inwoners, word gekenmerk deur die verslae van wydverspreide verkragtings, werwing van kindersoldate, wapenssmokkel, groot bevolkingsverplasings en ernstige wanvoeding sedert die staatsgreep in Maart.

Die land is vol onontginde minerale rykdom en grens aan ander chronies onstabiele lande soos die Kongo , Tsjad en Suid-Soedan. Frankryk het nie meer die militêre spierkrag om sy eertydse kolonies tot gehoorsaamheid te dwing nie, maar probeer sy invloed herstel deur van internasionale invloed gebruik te maak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.