Die Suid-Afrikaanse weermag sê geen Suid-Afrikaanse soldate is dood in gevegte in die Demokratiese Republiek van die Kongo nie.
‘n Woordvoerder, brigadier-generaal Xolani Mabanga het berigte dat Suid-Afrikaanse soldate dood is, as propaganda afgemaak.
Mabangu sê die weermag sal binnekort ‘n mediakonferensie hou om die publiek op datum te bring met Suid-Afrika se deelname aan ‘n Verenigde Nasies-mag in die DRK.
Die weermag het gister aangekondig dat ‘n vyfde Suid-Afrikaanse soldaat gewond is in gevegte met rebellemagte.
Intussen sê die VN ‘n Tanzaniese lid van die VN-vredesmag is dood terwyl hulle die Kongolese weermag ondersteun het in gevegte met rebelle naby die oostelike dorp, Goma. – RSG