Hof toe hy Mugabe-plakkaat vir toiletpapier gebruik

Deel op

mugabe_robert_spotprent‘n Zimbabwiër is aangekla omdat hy ‘n verkiesingsplakkaat van pres. Robert Mugabe vir toiletpapier gebruik het, het die plaaslike media Woensdag berig.

Takura Mufumisi (26) van die stad Masvingo het glo die plakkaat, met Mugabe se gesig daarop, saam met hom na ‘n toilet by ‘n kroeg geneem.
‘n “Informant” het Masvingo raakgesien en ‘n burgerlike arrestasie uitgevoer.
Mufumisi word daarvan aangekla dat hy verskiesingswette oortree het.
Dit is in Zimbabwe onwettig om verkiesingsplakkate van lamppale en mure te verwyder.
Die saak is Woensdag onbepaald uitgestel.
Mugabe het die verkiesings op 31 Julie beslissend gewen, ten spyte van die opposisieleier, Morgan Tsvangirai, se klagtes dat grootskaalse knoeiery by stembusse plaasgevind het. – Sapa?AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.