Obama vergelyk homself met Jesus

Deel op
Tot Jesus kom?
Tot Jesus kom?

As president Barack Obama die trappe van die Lincoln Memorial dié week bestyg vir sy geskeduleerde toespraak aan duisende mense vir die 50ste herdenking van die swart protesoptog in Washington, sal dit nie die eerste keer wees dat hy ​​in die skaduwee van Martin Luther King en Nelson Mandela staan nie. Trouens, in die skadu van die ANC wat glo gaan regeer tot Jesus kom.

Want, moenie ‘n fout maak nie, dit was die euforie oor die aanbreek van ‘n swart regering in Suid-Afrika wat aan Obama uiteindelik presidentskap van die magtigste land op aarde besorg het. In die federale deelstate van Amerika was daar tot in die laat sewentigerjare segregasie, dit terwyl drukgroepe uitsluitlik op Suid-Afrika gekonsentreer het.

Vier jaar gelede is Obama na Oslo, Noorweë om die Nobelprys vir Vrede te aanvaar, ‘n eer wat King 45 jaar vroeër te beurt geval het en Mandela 20 jaar gelede. Mandela soos King het ‘n veldtog van gewelddadige weerstand teen rasse-onreg gelei tot die wêreld se mees gesogte vredesprys aan hom oorhandig is.

Obama, wat die verkiesing as die land se eerste swart president 13 maande vroeër gewen het, het sy prys “vir sy buitengewone pogings om internasionale diplomasie en samewerking tussen mense te versterk,” ontvang, dit terwyl die VSA in die middel van die twee oorloë was.

Obama het tydens ‘n onlangse onderhoud op die Tom Joyner Morning Show gesê King se toespraak was een van net vyf historiese toesprake in Amerika se hele geskiedenis: “En die woorde wat hy op daardie oomblik gebruik het, met so baie op die spel, en die wyse waarop hy die hoop en drome van ‘n hele geslag weergegee het, dink ek, is ongeëwenaard.”

Maar dit beteken nie dat Obama onthou sal word vir sy verbintenis met King of Mandela nie. Dit was duidelik vir die president eerder ‘n groter kwessie, naamlik of hy Jesus sal kan ewenaar.

Nadat hy ‘n paar formele opmerkings tydens ‘n Withuis-ontvangs vir ‘n breë deursnit van burgerregte-leiers, kunstenaars, politici en sosiale aktiviste gemaak het, het hy aan iemand gesê: “Man, kan jy glo hulle gaan my laat praat môre, 50 jaar na die dag van die grootste toespraak ooit! Dit is soos om in Jesus se voetspore te volg. “

Obama, altyd gereed om homself met die hoofstroommedia-gesalfdes te vergelyk, was oorbewus van King toe hy sy eie Nobelprys gaan haal het. King het in sy Nobelprys-rede gesê dat “geweld nooit permanente vrede waarborg nie.”

Obama se toespraak het egter heelwat daarvan afgewyk: “Ek kyk na die wêreld soos dit is, en kan nie ledig staan ​​in die aangesig van die bedreigings teen die Amerikaanse mense nie.” Hy het natuurlik na al-Kaida verwys.

Tans staan Obama gereed om saam met diegene wat hy in Oslo as terroriste getipeer het, teen Sirië op te tree. Kennelik ly die president aan een of ander Messias-kompleks, en dit sonder die steun wat die ANC kan monster.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.