Grondwethofbeslissing oor mosie van wantroue leeg

Deel op
Dit verkoop dalk koerante
Dit verkoop dalk koerante

‘n Grondwethofbeslissing het die weg gebaan vir ‘n debat oor president Jacob Zuma se geskiktheid om te regeer voor volgende jaar se algemene verkiesing.

In ‘n meerderheidsuitspraak, het die hof Dinsdag die Nasionale Vergadering ses maande gegee om die reëls rondom ‘n mosie van wantroue in lyn met die Grondwet te bring.

Sodra die nuwe reëls in plek is, sal die deur oop wees vir opposisiepartye om soortgelyke mosies te bring.

Die DA se parlementêre leier, Lindiwe Mazibuko, ‘n Swazi-burger, het die debat oor ‘n mosie van wantroue in November verlede jaar begin, deur te beweer dat onder Zuma se leierskap die regstelsel “verpolitiseer en verswak” is, korrupsie “buite beheer” is, werkloosheid toegeneem het, die ekonomie verswak het en toegang tot gehalte-onderwys “geskend” word.

Politieke ontleder Aubrey Matshiqi het gesê dat, terwyl die DA suksesvol in die hof was, dit ‘n leë oorwinning was.

“Ek dink nie hierdie debat sal enige gevolge hê nie,” het hy gesê en bygevoeg dat hy glo min kiesers sal geswaai word.

Nog ‘n ontleder, Sipho Seepe, het gesê: “Dit beteken niks vir Zuma nie omdat die lede van die ANC die mosie sal verwerp. Die hele idee, dit lyk vir my, is oor die politieke verleentheid van Zuma.”

Die stryd oor die debat is aanvanklik verwys na die programkomitee om te besluit of dit moet gaan na die Nasionale Vergadering.

Die komitee kon nie ooreenkom nie en sy voorsitter, spreker Max Sisulu, het gesê dit beteken dat die saak nie verder gevoer kan word nie. Mazibuko het dit betwis.

Die saak is na die Wes-Kaapse hooggeregshof verwys, en regter Dennis Davis het gesê hy kan nie gelas dat Sisulu die kwessie na die Nasionale Vergadering neem nie, want die Speaker het nie so ‘n magtiging in die reëls nie.

Adjunk-hoofregter Dikgang Moseneke het saamgestem dat die speaker kan nie aangestel word om iets te doen buite sy magte nie.

Beide die DA en die ANC het Dinsdag se uitspraak as ‘n oorwinning voorgehou. Die DA het dit duidelik as ‘n goedkoop foefie gebruik om oningeligte kiesers van sy “invloed” en aanwending van “wigte en teenwigte” te oortuig, maar dit sal nie in stemme vertaal nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.