Afleggings, stakings by myne

Deel op

amplatsMynwerkers by Amplats in Rustenburg in Noordwes gaan die maatskappy se aflegging van seweduisend werkers teenstaan.

Werkers se toekoms is steeds onseker omdat werkers nog moet besluit of hulle skeidingspakkette gaan aanvaar of verplaas wil word.

‘n Massavergadering is gister gehou deur ‘n taakspan by Khuseleka 2 en die Khomanani 1 en 2 skagte. Amplats beplan om sowat 7-duisend werkers teen Maandag af te dank, maar myners sê hulle gaan dit betwis.

Dit is vandag die laaste dag wat werkers om skeidingspakkette kan aansoek doen. ‘n Lid van die taakspan, Gadaffi Mdoda sê hulle gaan ‘n dispuut indien by die Kommissie vir Bemiddeling, Versoening en Arbitrasie en ook die howe nader.

Hy sê die werkers is militant en bereid om die afleggings te beveg.

Intussen gaan die National Union of Mineworkers sy lede raadpleeg nadat hy vroeër die Kamer van Mynwese se finale salarisverhogingsaanbod van die hand gewys het.

Goudmynmaatskappye se laaste aanbod is om basiese salarisse met tussen 6 en 6,5% te verhoog. Die NUM se woordvoerder, Leshiba Seshoka het die aanbod as lagwekkend bestempel.

Die NUM en Amcu eis verhogings van tussen 60- en 150-persent.

Die vakbond, Solidariteit het vir meer tyd gevra om die aanbod met sy lede te bespreek. Die hoofonderhandelaar vir die goudprodusente, Elize Strydom sê die aanbod kom neer op ‘n gewaarborgde salaris van R9 170 per maand op intreevlak. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.