Walter Sisulu-universiteit sluit weens onrus

Deel op

WalterSisuluUniversityDie besluit deur die Walter Sisulu-universiteit om sy deure onbepaald te sluit, is deur talle organisasies veroordeel.

Die administrateur, Lourens van Staden het studente aangeraai om die universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap dadelik te verlaat. Dit sluit alle koshuise en ander akkomodasie in.

‘n Woordvoerder vir die universiteit sê die besluit is geneem omdat studente en die omliggende gemeenskap se veiligheid weens die voortslepende onrus nie deur die instelling gewaarborg kan word nie.

Daar is die afgelope vyf weke nie klas gegee nie weens ‘n staking deur die universiteit se personeel. Hulle is ontevrede oor die voorgestelde salarisverhoging van 4,24%.

Die universiteit is sedert 2011 onder administrasie. Die polisie het gistermiddag rubberkoeëls afgevuur op studente wat betoog het teen die sluiting.

Die PAC sê dit is belaglik dat die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande nie ingegryp het nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.