Kaap van storms

Deel op

kaapstormsTwee kouefronte beweeg in die rigting van die Kaap en sal na verwagting swaar reën, koue, oorstromings, sneeu, stormsterk winde en onstuimige seetoestande veroorsaak.

‘n Weervoorspeller van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, het gesê die eerste front sou die Moederstad Dinsdag getref het.

Die tweede front sal Woensdagmiddag sy opwagting maak en die provinsie tot Saterdag teister. Reënweerstoestande sal waarskynlik tot Dinsdag voortduur.

Stormsterk winde van tussen 65 km/h en 74 km/h sal vandag van Kaappunt tot Kaap Agulhas woed.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.