
Die praag-rubriekskryfster en filosofiedosent by Tukkies, Louise Mabille, pak eerskomende Vrydagaand vir die hiper-polities korrekte Gillian Schutte tydens ‘n debat oor die vraag hoe blankes in die openbare sfeer behoort op te tree. Schutte het ‘n tyd gelede ‘n opskudding veroorsaak met haar ope brief getiteld Dear white people wat sy as “Setlaarsuster” onderteken het. Daarin verwerp sy haar blanke voorouers en “hul erfenis soveel as moontlik” en verklaar dat sy dit “haar lewenstaak gemaak het om die fallosentriese wit siening van ‘wit as reg’ te dekonstrueer”.
Omdat Schutte blykbaar nie Afrikaans magtig is nie, sal die debat op Engels plaasvind.
Onderwerp: ‘How should whites participate in the contemporary public sphere?’
Deelnemers: Louise Mabille (Universiteit van Pretoria) en Gillian Schutte (outeur van die nou bekende ‘Dear white people’ brief en politieke en gender-aktivis). Schutte voel saam met die Rhodes-dosent Samantha Vice dat blankes moet stilbly eerder as wat hulle aktief aan die politiek of openbare gesprek in Suid-Afrika behoort deel te neem. Mabille sal, volgens haar, ‘n meer “republikeinse aanslag” volg.

Plek: Café Riche, Kerkplein, Pretoria
Datum en tyd: Vrydag 30 Augustus 19:30