Hennie Otto wen Italiaanse Ope

Deel op
Image Hennie Otto het die Italiaanse Ope in Milaan, Italië, gewen en daardeur sy eerste Europese Toertitel ingepalm. Hy het 'n drie-onder-syfer vir 69 oor die naweek behaal om Oliver Wilson met een hou in die finale rondte te klop. Otto het met 25-minder-as-baansyfer geëindig met 'n telling van 263.
 
Deel op
Die Suid-Afrikaner het 'n indrukwekkende vier voeltjies by die Castello di Tolcinasco Gholf- en Landgoedklub geslaan.

Die kampioen was oorstelp met sy sege. Otto sê hy het die afgelope tyd baie hard op sy setwerk gekonsentreer en het nog nooit soveel lang sette ingekry in sy loopbaan soos wat hy by die toernooi reggekry het nie.

bridal crystal headbandАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.