Epiese dop: Al 25 000 Liberiese matrieks dop toelatingseksamen

Deel op
epicfail2
Bande het nie gehelp nie

Nie een enkele kandidaat van die 25 000 het vanjaar se toelatingseksamen tot ‘n universiteit in Liberië geslaag nie.

Die Universiteit van Liberië sal dus geen eerstejaars op kampus hê nie. Dié instelling is een van die vasteland se twee universiteite wat deur die staat bestuur word.

Minder as ‘n honderd kon daarin geslaag om die die Engels of Wiskunde baas te raak om te kwalifiseer om deel te wees van die normale klas van 2k3k studente.

Histories, is die slaagsyfer ongeveer 20-30% en in die afgelope jaar, is die toets aangepas na ‘n raaiformaat om dit makliker te maak.

Die wiskunde-eksamen fokus oor die algemeen op rekenkunde, meetkunde, algebra, analitiese meetkunde en elementêre statistiek en waarskynlikheid, terwyl die Engelse eksamen oor die algemeen fokus op grammatika, sinsvoltooiing, leesbegrip en logiese redenasie.

Maar as ‘n bewys van die vlak van korrupsie en nepotisme, is die toelatingsvereistes tydelik laer gestel vir Wiskunde en Engels om ongeveer 1.6K studente in staat te stel om te regsitreer.

Die studente het glo nie min entoesiasme getoon. Hulle het ook nie ‘n basiese begrip van Engels nie en het gekla dat die “meganika” van Engels ‘n uitdaging is.

Liberië, wat in Wes-Afrika geleë is, het die burgeroorlog wat ‘n dekade gelede geëindig het, die skuld gegee. In Suid-Afrika waar ons daagliks moet hoor dat ons danksy “Madiba” een vrygespring het, is skoolprestasie ook besig om te daal.

Pres. Ellen Johnson Sirleaf het onlangs gesê dat die land se onderwysstelsel “uitdagings bied”. Talle skole het ‘n tekort aan basiese studiemateriaal. Onderwysers is ook nie goed opgelei nie.

Dis die eerste keer wat elke student wat die eksamen geskryf het, nie geslaag het nie.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.