Eienaar van Malema-woning ook deur SAID ondersoek

Deel op

malemahouseJulius Malema se halfgeboude huis in Sandown, Johannesburg, se nuwe eienaar word ook weens belastingbedrog ondersoek. Die man, ‘n vriend van Malema, het die huis op ‘n veiling gekoop.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het Dinsdag bevestig dat die bedrogsaak by die SAID aangemeld is.

“Die beweringe sal deur die nodige kanale binne die Inkomstediens ondersoek word om te bepaal of die saak enige meriete het,” het Adrian Lackay, woordvoerder, gesê.

Lackay het gesê die saak is op 22 Augustus onder die SAID se aandag gebring.

Die Sowetan het Dinsdag berig dat die koper, Norman Tloubatla, na bewering fakture vervals het om belasting te ontduik.

Volgens die koerant het Tloubatla se twee maatskappye, Lethlabile Civils en Magnified Designs (wat padtekens vervaardig), ’n aanmaning van Power Forklift Hire and Sales se prokureurs ontvang vir skuld van R40 9552,82.

Tloubatla het Malema se huis in Mei 2013 vir R5,9 miljoen gekoop.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.