Grondwethof gooi DA se wantroue mosie uit

Deel op

conhillDie Grondwethof het ‘n appèl deur die Demokratiese Alliansie, oor sy debat oor ‘n mosie van wantroue in president Jacob Zuma, met koste van die hand gewys.

Die DA het die mosie ingedien slegs enkele weke voor die ANC se verkiesingskonferensie in Desember verlede jaar.

Die mosie kon egter nie gedebatteer word nie, omdat die forum vir hoofswepe en die komitee belas met die parlement se program nie ‘n ooreenkoms kon bereik oor wanneer dit moet plaasvind nie.

Die adjunk-hoofregter, Dikgang Moseneke, sê die meerderheid regters het bevind dat die mosie op sigself onder verdenking is. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.