Afrika teen 2030: Een groot krotbuurt

Deel op
Enige plek in Afrika
Enige plek in Afrika

Volgens die VN se Bevolkingsafdeling, is sub-Sahara-Afrika se jaarlikse stedelike groeikoers 3,6%, byna dubbel die wêreld se gemiddelde. Sowat 40% van Afrika se meer as 1 miljard mense woon in stede en dorpe, met baie wat migreer van landelike gebiede om armoede, droogte of konflik te ontsnap. Sowat 200 miljoen mense woon in krotbuurte.

Dit plaas die gewone beskuldigings dat Apartheid gelei het tot armoede en krotbuurte natuurlik in ‘n heel ander lig, want oral in Afrika lyk die verstedelikingspatroon presies dieselfde. In Afrikalande want nooit Apartheid geken het nie, lyk dit tewens heelwat erger as in Suid-Afrika.

“Afrika is besig om vinniger as enige ander kontinent te verstedelik, soveel so dat in 2030, sal dit ophou om ‘n landelike vasteland te wees,” sê Anna Tibaijuka, uitvoerende direkteur van die VN-Habitat, die VN se agentskap vir menslike nedersettings. “Ten spyte hiervan, neem min Afrika-leiers die saak ernstig op.” Afrika-regerings het min gedoen om die snelle verstedeliking te bestuur en erken nie formeel krotbuurte as sulks nie.

Krotbuurte word gewoonlik nie voorsien van openbare dienste, soos elektrisiteit, riolering, afvalbestuur, paaie, behuising en toegang tot gesondheidsorg of onderwys nie. En meer as ‘n kwart van Afrika se krotbewoners het nie toegang tot veilige drinkwater nie, volgens die VN se Omgewingsprogram. ‘n Vyfde het geen toegang tot sanitasiegeriewe nie.

Dit gaan nie gou verander nie, want Afrika se jaarlikse besteding aan infrastruktuur is 45 miljard dollar, het die African Development Bank se statistieke getoon, terwyl byna twee keer die bedrag nodig is om die grootste probleme aan te spreek.

Sub-Sahara-Afrika se grootste stad, Lagos, Nigerië, is ‘n goeie voorbeeld van swak beplanning. Die stad van 11 miljoen mense, twee-derdes daarvan krotbewoners, is berug vir sy oorbevolking, slaggate in strate, verkeersknope, gereelde kragonderbrekings en swak sanitasie. “Lagos het minder infrastruktuur as enige van die ander grootste stede in die wêreld,” het ‘n amptenaar aan die VN-nuusagentskap Irin gesê.

Terwyl die bevolking van Lagos teen 8% per jaar groei, groei die krotbuurte en die gepaardgaande probleme daarmee saam, skep dit brandstof vir misdaad en verhoog maatskaplike spanning.

Die situasie is nie veel verskillend in Afrika se grootste krotbuurt, Kibera, aan die buitewyke van die Keniaanse hoofstad, Nairobi nie. Die stad se krotbuurte het “‘n stedelike tydbom” geword, sê een projekbeampte van ‘n NRO.

Kibera se geskatte 2 miljoen mense is ‘n groot onderklas met ernstige gevolge vir Nairobi se sekuriteit en sosiale struktuur, het Njuguna gewaarsku. Gefrustreerde jong mense gaan dikwels saam gewelddadige kriminele bendes. “Die standaard van die lewe in die krotbuurte versleg voortdurend. Ons sien stygende skooluitsaksyfers, armoede, wanvoeding en misdaad. Daar is geen maatskaplike dienste nie. Tensy regerings groot politieke veranderinge teweeg bring, gaan stede soos Nairobi ontplof met sosiale onrus.”

Dit is ook waar van Suid-Afrika. ‘n Kwart van Suid-Afrikaners is werkloos, en groot getalle werkloses migreer na Johannesburg en Kaapstad, die land se twee groot stede.

“Die regering sukkel met die groot instroming van mense, om infrastruktuurprobleme op te los en dienste te lewer,” sê Thuthukani Ndebele, ‘n navorser by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge in Johannesburg. Sulke toestande sal ‘n vrugbare teelaarde skep vir Ekonomiese Vryheidsvegters en jong “MK-veterane”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.