FAK vereer twee Ortodokse priesters vir hul vertaalwerk

Deel op

fak_logoDie FAK het twee Afrikaanse Ortodokse priesters vir besondere kultuurprestasie by die geleentheid van die 80ste herdenking van die eerste vertaling van die Bybel in Afrikaans vereer.

Vader Zacharias van Wyk van Robertson in die Wes-Kaap en vader Jacobus van der Riet van Johannesburg het dié toekenning  ontvang vir die vertalings van Ortodokse liturgieë en gesange in Afrikaans.

Die geleentheid is by Voortrekkermonument gehou en luister is daaraan verleen deur treffende Afrikaanse koorsang van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Johan Rossouw het in sy huldigingswoord gesê daar meestal “volslae onkunde” oor die Ortodokse kerk onder Afrikaners. Hy het dit as tragies bestempel “omdat dit voorkom te midde van ’n ontsettende eietydse ontwrigting van die moderne vorm van die Christendom, naamlik die Protestantisme”.

Rossouw het “die felle verwoestende debatte wat al meer as 15 jaar oor die kerk en die politiek, die gesag van die Bybel, die posisie van vroue en homoseksuele persone in die kerk, die Belhar-belydenis en wat nog woed” voorgehou as bewyse van dié ontwrigting.

Volgens hom is een van die alternatiewe op die krisis om terug te keer na die tradisionele ortodokse vorm van die Christendom. Rossouw het gesê dit sluit aan by ‘n ontluikende ontdekking die Ortodokse Kerk wat talle nuwe bekeerlinge trek.

Rossouw het gesê ’n mens kan nie anders nie as om “die enorme potensiaal van hierdie twee baanbrekers se werk op ’n krisisoomblik in die Afrikaanse geskiedenis te sien”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.