Matriek: Regering doen weg met bevoegdheidstoetse vir merkers

Die minister van Basiese Onderwys
Die minister van Basiese Onderwys bepeins gelyke uitkomste

Die regering het weggedoen met bevoegdheidstoetse vir onderwysers wat matriekvraestelle wil merk.

Die minister van Basiese Onderwys, Angie Motshekga het aan die parlement gesê die toetse sal slegs weer ingestel word ná samesprekings met die onderwysersvakbond, SADOU.

Die vakbond het oor die toetse gekla nadat talle van sy lede in vorige jare nie kon slaag nie.

Motshekga sê provinsiale onderwysdepartemente is gevra om eers met rolspelers te beraadslaag voordat enige bevoegdheidstoets gedoen word.

Die opdrag van die presidensiële vergoedingskomitee is intussen voltooi en in die Staatskoerant gepubliseer.

Die komitee moet die betaling en diensvoorwaardes in die openbare sektor ondersoek.

Die komitee sal uit net een lid – die voormalige hoofregter Sandile Ngcobo –  bestaan.

In ’n geskrewe antwoord op ’n parlementêre vraag het pres. Jacob Zuma gesê die vergoeding van onderwysers sal voorkeur geniet.

Kwessies soos posgrade, werwing, aanstellings en bevordering en prestasiebestuur in die staatsdiens sal ondersoek word.

Die kommissie se werk is met etlike maande vertraag nadat die onderwysersvakbond Sadtu met ’n staking gedreig het.

Die vakbond het onder meer geëis dat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, bedank en haar direkteur-generaal, Bobby Soobrayan, ondersoek word vir beweerde ootredeings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur.

 

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.