Oproer in Tsonga-gebied bedaar

Deel op
Tradisionele Tsongas
Tradisionele Tsongas

Die situasie by Malamulele in Limpopo was laat Maandagaand weer rustig nadat die polisie versperrings en voorwerpe op talle paaie verwyder het.

Die lokasie word hoofsaaklik bewoon deur Tsongas. Die dorp self is 35 km weg geleë van die Punda Mariahek van die Kruger Nasionale Park, hoewel die grense teen die heining van die Kruger loop.

Duisende inwoners het die strate met brandende buitebande en ander voorwerpe versper en eis ‘n afsonderlike munisipaliteit.

Winkels, skole en regeringskantore moes ook gesluit word.

Verlede jaar is drie ANC-lede aangekla in die landdroshof op Malamulele in Limpopo weens aanranding tydens ‘n ANC-vergadering in die lokasie.

‘n Polisie-woordvoerder, Ronél Otto het gesê die beskuldigde, ‘n man en twee vroue, het na bewering ‘n partylid aangerand tydens ‘n argument oor ‘n nominasieproses.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.