Militêre veterane gaan op plundertog in Germiston

Deel op
MK-veterane
MK-veterane

Sogenaamde MK militêre veterane (Umkhonto we Sizwe) het op ‘n plundertog in Germiston aan die Oos-Rand gegaan. Metropolisie moes Maandag ongeveer 2000 veterane wat opgeruk het na die Ekhurhuleni Burgersentrum met rubberkoeëls in bedwang hou.

Hulle het op die burgersentrum toegesak waar die kantore van die burgemeester, die speaker, die hoofsweep, personeel en ander politieke partye geleë is.

‘n Woordvpoerder van die burgemeester, Zweli Dlamini, het gesê sowat ‘n honderd mense het die gebou binnegeval, personeel aangerand en eiendom gevandaliseer.

Talle items is ook gesteel.

Beamptes het rubberkoeëls op kort afstand afgevuur, maar dit is onduidelik of daar enige beserings was.

Die veterane het gesê hulle is werk en opleiding belowe en dat niks gedoen is om hierdie beloftes te vervul nie. Die munisipaliteit het ‘n demilitarisatieprojek in 2006 aangekondig.

Teen 2010 is ‘n komitee van 18 koördineerders gevorm, maar daar is geen programme geïmplementeer nie. Alleen ‘n databasis van die begunstigdes is geskep.

Die oproermakers het verwysings na die begunstigdelys gedra.

Baie van die betogers is weggeneem in polisievoertuie.Niemand is sover bekend in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.