OB en OVK takel mekaar oor ‘hoogs onreëlmatige’ huurkontrak

Deel op
Pansy Tlakula
Pansy Tlakula

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie se voorsitter adv Pansy Tlakula, “hoef” glo nie geskors te word nie. Thuli Madonsela het namens die Openbare Beskermer ‘n verslag vrygestel wat getoon het dat Tlakula ‘n “uiters onreëlmatig” rol in die verkryging van die Riverside Office Park gebou, in Centurion, vir die OVK se hoofkantoor gespeel het.

Madonsela het onbehoorlike gedrag en wanadministrasie aan Tlakula se kant aangeteken, asook ‘n botsing van belange wat ‘n mede-direkteur betref, met wie sy glo romanties betrokke is.

Tlakula is daarvan beskuldig dat sy ‘n romantiese verhouding met die voorsitter van die  Parlement se portefeuljekomitee vir finansies Thaba Mufamadi het, wat ‘n 20%-belang in Abland het uit hoofde van mede-direkteurskap in Lehotsa Investments (Edms) Beperk. Sy het aanbeveel dat die OVK sy ooreenkoms met Abland hersien, aan wie die kontrak toegeken is om die Riverside Office Park gebou te huur.

Madonsela het aanbeveel dat die Parlement oorweeg om aksie te neem teen Tlakula.

Tlakula het intussen te velde getrek teen die verslag. “Ek glo dat indien onbetwis, die verslag van die Openbare Beskermer oor die OVK-huurkontrak die potensiaal het om die geloofwaardigheid van die belangrike instelling waar ek vir meer as 10 jaar gewerk het, te beskadig,” het sy gesê in ‘n verklaring gesê.

Tlakula het gesê sy het respek vir die kantoor van die Openbare Beskermer, maar sy is verplig om daarop te wys dat die ondersoek en verslag belaai is met prosedurele en substantiewe onreëlmatighede.

Sy het foute geïdentifiseer waarop sy regsremedies wil toepas. “Ek aanvaar nie as korrek die bevinding van die Openbare Beskermer dat my deelname aan die evalueringsproses met betrekking tot die toekenning van die tender vir die OVK-huurkontrak aanleiding gegee het tot ‘n botsing van belange van my kant nie,” het sy gesê.

Sy het gesê dat konflik van belange uitdruklik gereguleer word deur ‘n beleid van die OVK. Die beleid verbied ‘n werknemer om enige persoonlike gewin ten koste van of as gevolg van hul werk van die OVK te maak, het sy verduidelik.

“Geen bevinding is gemaak dat ek enige persoonlike gewin daaruit geput het nie, of enige finansiële of ander belang in die maatskappy het nie. Ek kon dus nie die beleid soos dit nou is oortree het nie,” het sy gesê.

Tlakula gesê die verslag is stom oor die feit dat sy ‘n toekenning omgekeer het wat nie deur ‘n mededingende proses goedgekeur is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.