Nelspruit-naamsverandering weens fout nie voor hof

Deel op

nelspruitDie hofsaak oor Nelspruit se naamsverandering na Mbombela kon nie in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria aangehoor word nie weens ‘n fout op die hofregister.

Die finansiële bestuurder van die Laeveldse Sake- en Toerismekamer, Linda Grimbeek het dit as teleurstellend en frustrerend bestempel, maar gesê dat dit buite die beheer van albei partye is.

Volgens berigte het meer as 20 000 inwoners en lede van die kamer ‘n petisie oor die verandering onderteken. Volgens Grimbeeck sal die naamsverandering die plaaslike munisipaliteit sowat R450 miljoen kos. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.