VF+ sal stryd teen hidrobreking opneem

Deel op

frackingDie Vryheidsfront Plus sal drukgroepe in die stryd teen die ontginning van skaliegas deur ‘n proses van hidrobreking ondersteun, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid. Die VF Plus het hom al voorheen teen hidrobreking uitgespreek.

Dr. Rob Davies, die minister van handel en nywerheid, het pas aangekondig dat die ANC-regering moontlik toestemming kan verleen vir die ontginning van skaliegas voor aanstaande jaar se verkiesing.

Volgens adv. Alberts steun die VF Plus die stryd teen hidrobreking ten volle. Hy sê die skade wat dit aan die omgewing aanrig, kan vergelyk word met die kontaminasie wat ‘n kernontploffing veroorsaak.

“Die skade is onomkeerbaar soos met radioaktiewebestraling. Die ekonomiese voordele wat die proses inhou word verreweg oordonder deur die skade aan die omgewing.

“Die regering moet eerder daarop fokus om die land se bestaande minerale hulpbronne te ontgin en ten volle te benut. Ten spyte van die land se minerale rykdom, het die regering dit reggekry om die industrie so swak te bestuur dat Suid-Afrika nie veel beleggings trek nie. Ontginning van ons minerale rykdom het nog steeds baie potensiaal,” sê adv. Alberts.

Volgens hom het baie plaasboere in die Noord-Kaap reeds hul ontevredenheid teenoor die VF Plus te kenne gegee aangaande die projek.

“Die VF Plus het onderneem om die stryd met al ons energie in die parlement voort te sit en sal hof toe gaan om hidrobreking stop te sit as dit moet.

“Indien dit voortgaan, kan die gevolge katastrofies wees. Suid-Afrika is ‘n land met groot waterskaarste.

“Daar is talle voorbeelde wêreldwyd wat duidelik aantoon dat hidrobreking ekologiese stelsels vernietig en water op groot skaal besoedel. Ons sal daarom alles in ons vermoë doen om dit stop te sit,” sê adv. Alberts.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.