SA, Maleisië wil nouer saamwerk

Deel op

maleisaPresident Jacob Zuma se amptelike besoek aan Maleisië is daarop gemik om plaaslike beleggers aan te moedig om voordeel te trek uit die twee lande se noue bande, sê die ANC.

Verskeie kabinetministers en sowat 30 sakelui het Zuma op sy besoek aan Kuala Lumpur vergesel.

Die Suid-Afrikaanse afvaardiging onder leiding van pres. Zuma sal na verwagting ‘n bilaterale vergadering met Maleisië se eerste minister Najib Tun Razak hou waar verskeie bilaterale ooreenkomste onderteken sal word.

Zuma sal ‘n eredoktersgraad van Limkokwing Universiteit, asook ‘n lewenslange toekenning vir Wêreldvrede namens Nelson Mandela van die Mahathir Global Peace Foundation ontvang.

Handel tussen die twee lande het sedert 2008 gegroei vanaf bykans R14 miljard tot bykans R20 miljard verlede jaar.

Die minister van internasionale betrekkinge,  Maite Nkoana-Mashabane het gesê die besoek is van belang vir Suid-Afrika aangesien Maleisië deel vorm van ASEAN, die blok wat Oosterse ekonomieë saamsnoer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.