Bob wil van wit maatskappye ontslae raak

Deel op
Gushungo
Gushungo

President Robert Mugabe van Zimbabwe dreig om buitelandse maatskappye in Zimbabwe uit die land te sit oor wat hy die Weste se inmenging in sy land se politiek noem.

Hy het Zanu PF-ondersteuners by die begrafnis van ‘n senior weermagoffisier, Mike Karakadzai, in Harare toegespreek.

Mugabe het na sy oorwinning in die verkiesing onderneem om voort te gaan met ‘n swart bemagtigingsprogram om maatskappye wat in buitelandse en wit besit is te dwing om 51 persent van die besit aan swart mense te gee.

Sommige ekonome waarsku dat die program nog ‘n ekonomiese krisis teweeg kan bring. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.