Formule Een die laaste keer vanjaar by Magny-Cours

Deel op
Bernie Ecclestone, die baas van Formule Eenwedrenne, is lankal van mening dat die Circuit de Nevers, wat 250km suid van Parys is,

Image

Bernie Ecclestone

ontoeganklik en nie op moderne standaard  is nie.

Deel op

In 'n onderhoud met die Franse sportblad L'Equipe het Ecclestone gesê dat hy 'n beswaar teen die ligging van die baan het.

Hy het voorts gesê dat hy eerder 'n Franse Grand Prix in die strate van Parys wil sien. Die Franse eerste minister het belowe om daardie moontlikheid te ondersoek. Dit sal egter heel waarskynlik nie in 2009 plaasvind nie, maar in 2010. Die minister se kantoor het drie ander dorpe voorgestel naamlik Versailles, Enry of net buite Disneyland, oos van die Franse hoofstad.

Magny-Cours is die tuiste van die Franse Grand Prix sedert 1991 en vanjaar se wedren vind op Sondag 22 Junie plaas.

ігрі для дівчатокtopcargo кидалы

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.