SANW ontken gewonde in jongste M23-aanval

Deel op

mortieraanvalHonderde Kongolese burgers is in oproer ná buitelandse ingryping in hul land.

Ontstoke inwoners het in die strate van Goma ingevaar om protes teen die voortgesette gevegte tussen hul weermag en die rebelle aan te teken.

‘n Reuters-ooggetuie het vier liggame gesien – ‘n vrou en drie kinders – en ‘n inwoner van Ndosho Charles Paluku aangehaal deur die nuusagentskap AFP, het gesê ‘n mortier het in die gebied geland.

Die slagoffers van Saterdag se stryd, die VN, en die naburige Rwanda ruil beskuldigings uit oor wie verantwoordelik is.

Die slagoffers is dood toe ‘n woongebied oor die naweek onder mortiere deurgeloop het.

Sommige inwoners pak die skuld op die Verenigde Nasies se vredesmag wat met offensiewe operasies op die M23-rebelle in die omgewing begin het.

Die VN het vroeër bekend gemaak dat ‘n Suid-Afrikaanse soldaat saam met twee Tanzaniese soldate naby Goma gewond is.

‘n Woordvoerder van die Verenigde Nasies-mag, Monusco, het die mortieraanval van M23-rebelle op hul opstelling bevestig.

Die SANW ontken dat Suid-Afrikaanse soldate by enige onlangse skermutselings gewond is of betrokke was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.