Veel meer swart Springbokke?

Deel op

Image

Peter de Villiers

Peter de Villiers, die nuwe Springbok-rugbyafrigter, het 'n beroep op Suid-Afrikaanse rugby-ondersteuners gedoen om hulle obsessie met ras te laat vaar. Vier dae voordat De Villiers veronderstel is om sy eerste span vir die jaar aan te kondig, word daar bespiegel dat hy 'n ongekende aantal swart spelers gaan insluit.

Deel op
Volgens 'n onderhoud met The Cape Argus is die afrigter gevra hoeveel swart talent hy tydens die Super 14-toernooi opgemerk het. "Ek het baie talent gesien, swart, wit, geel, groen, blou – ek het regtig baie talent gesien," het De Villiers geantwoord.

“Ons kan 'n baie goeie span kies, ons kan eintlik drie goeie spanne kies,” het hy verder gesê. “Ek weet nie hoekom ons van alles 'n swart-en-wit storie wil maak nie. Dit is die enigste ding wat mense sien. Ek sien net mense. Of 'n ou nou swart of wit is, sy waarde bly dieselfde."

De Villiers se kommentaar volg 'n dag nadat Oregan Hoskins, president van die SA Rugby-unie, herhaal het daar geen kwotas in die nasionale span sal wees nie. Op 'n vraag of dit belangrik is om vyf of tien swart spelers in toekomstige Springbokspanne te hê, het hy bloot gesê: "Dit is baie belangrik om 15 rugbyspelers in die span te hê. Daarsonder kan mens nooit kompeterend wees nie. Ons het 'n wonderlike nasionale span, uitstekende spelers, kompeterende ingesteldhede.”

De Villiers sal komende Saterdag na afloop van die wedstryd tussen die Chiefs en die Sharks die name van sy Bokspan bekendmaak.

турецкая баняДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.