Staat sal nie Marikana-slagoffergesinne bystaan nie

Deel op
Gesinslede van die Marikana-slagoffers
Gesinslede van die Marikana-slagoffers wag vir beter dae

Die Menseregte-kommissie het Donderdag ‘n beroep op President Jacob Zuma gedoen om die kommissie se sperdatum van 31 Oktober uit te stel sodat die kommissie sy werk kan voltooi.

Die MRK se verteenwoordiger by die kommissie sê ‘n gebrek aan befondsing het die werk van die kommissie ontwrig.

Die hoofregsverteenwoordiger van die mynwerkers, advokaat Dali Mpofu, het Maandag aangekondig dat hulle nie weer aan die kommissie se werksaamhede gaan deelneem voordat hulle befondsing bekom het nie.

Verskeie howe, waaronder die Konstitusionele Hof, het Mpofu se aansoek dat die staat gedwing moet word om die mynwerkers se regskoste te betaal, van die hand gewys.

Die minister van Justisie, Jeff Radebe het ook gesê die regering gaan nie vir privaat-regsverteenwoordiging by die kommissie betaal nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.