Meer as twee-derdes van Ramphele se rykdom van SEB

Deel op

Meer as tweederdes van die Agangleier Mamphela Ramphele se R55miljoen kom van SEB-transaksies.

Ramphele, wat die huidige SEB-beleid uitgekryt as ‘n “mislukking” op die Agangwebwerf, het R40miljoen van bemagtigingstransaksies gemaak, het The Star berig.

“Die manier waarop SEB toegepas word misluk in sy primêre doel van transformasie van die ekonomie, maar het ‘n hoë koste en verryk slegs ‘n klein politiese elite,” lui ‘n inskrywing op die party se webwerf.

Ramphele het na bewering aandele in

Ramphele, ryk uit SEB
Ramphele, ryk uit SEB

, maar het van die Nashua- en Eduloanaandele sedertdien verkoop.

Ramphele se woordvoerder Adi MistryFrost het bevestig dat sy R40miljoen deur middel van SEB-transaksies gekry het, maar weerlê bewerings dat sy geveinsd is.

Met die uitsondering van Pearsons, is die SEB-transaksies waarby Dr Ramphele betrokke is, deel van haar vergoeding as ‘n voorsitter of direkteur.

Ramphele het haar R55miljoen vroeër hierdie week verklaar en President Jacob Zuma gevra om sy finansiële sake oop te stel. Zuma het in reaksie gesê hy doen dit reeds omdat die wet dit vereis.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.