N2 weer gesluit weens oproer

Deel op

burningtyresDie N2 naby Khayelitsha op die Kaapse Vlakte is vir verkeer gesluit weens ‘n protesoptrede.

Die Wes-Kaapse verkeershoof, Kenny Africa sê die protesgangers bestook ook voertuie met klippe.

Die gedeelte van die pad wat geraak word is tussen die R300 en Mew-weg.

Die polisie monitor die situasie. Intussen hou die polisie en verkeersbeamptes steeds die situasie dop by Du Noon naby Milnerton waar inwoners oor dienslewering betoog.

Paaie in die omgewing is vir verkeer gesluit en motoriste is gevra om waaksaam te wees. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.